Hier is 'n paar wenke / opmerkings ivm die gebruik van die webblad:
- Onderaan elke "post" is daar 'n skakel ('n klein wit koevert-ikon) waar jy die email-adres van 'n vriend/familielid kan intik. Daar word dan outomaties 'n email aan daardie persoon gestuur om hom/haar uit te nooi om daardie spesifieke post te besoek. Die ontvanger hoef dan tipies net op 'n "link" in sy email te kliek om dit oop te maak;
- Stuur gerus jou foto's na hierdie email-adres: prouxx.lategan@blogger.com. Plaas asseblief 'n opskrif en jou naam in die "subject"-veld;
- Jy hoef natuurlik nie net foto's te stuur nie. Miskien wil jy 'n stukkie skryf oor jou belewenis van die geleentheid. Stuur dus net 'n gewone teks-email na dieselfde adres as vir die foto's;
- As jy foto's uit julle familie-foto-albums met ons wil deel, her-fotografeer dit soos dit op die albumbladsy is, en stuur dit aan. Die meeste digitale kameras kan tot 5cm fokus, en veral as mens dit in direkte sonlig doen, is die resultaat gewoonlik goed genoeg vir ons doeleindes. En dit hoef nie net albumfoto's te wees nie - wat van geraamde portrette ens (versigtig net vir die weerkaatsings van die glas);
- Statistiek: volgens Google was daar die afgelope week 350 besoeke aan hierdie webblad - selfs 8 uit Amerika, 9 uit Verenigde Koninkryk en 2 uit Malaysia (het nie geweet daar is Lategans in Malaysia nie!);
- Name, inligting, opskrifte, onderskrifte ens, is normaalweg "Google searchable" (handig vir familie-navorsing);
- Indien 'n familie-lid nie toegang tot internet het nie: skryf die webadres (www.lategan-fees.blogspot.com) op 'n kaartjie af sodat hulle dit op enige plek waar daar wél toegang is, kan intik.
Pietie Le Roux
Middelbergstraat 220, Muckleneuk, Pretoria
☎ 012 344 0294 083 271 6593
_______________________________________________________
❂ Foto-blog: Fotodagboek/Travel-log: www.prouxle.blogspot.com
❂ Foto-blog: Monochroom: www.promono.blogspot.com
❂ Foto-blog: Abstraction: www.abstraksie.blogspot.com
_______________________________________________________