Thursday, April 28, 2011

My Dankie sê - Johann Mulder

Beste Familie en Vriende,
Dit was my eerste Reunie ooit! Ek het uitgemis op alle skool en Weermag reunies deur die jare en hier kry ek die kans om 'n familie reunie by te woon! Dit was fantasties, ek wens so ons kan sommer gou weer een reël! Ek het ook onder die diepe besef gekom dat dit val nie uit die lug nie, en daarom het ek so paar woorde van dank om te deel!
Eerstens baie dankie aan Nig Retha Terblanche wat die bul by die horings geneem het en die nodige reëlings getref het en uitnodigings uit gestuur het! Sonder jou sou dit seer sekerlik nie kon plaasvind nie, veral nie die 007 truuks wat jy seker moes uithaal om almal se telefoon nommers in die hande te kon kry nie! Baie dankie vir jou inisiatief en harde werk!
Tweedens 'n groot woord van dank aan Danie en Rina Lategan wat ons, jy kan maar sê, hulle huis en besigheid oopgegooi het om ons almal te kon akkomodeer en te voed! Dit was so gesellig en lekker dat ek glo niemand is daar weg met 'n leë maag nie! Baie Dankie! Jul vriendelikheid en gasvryheid word hoog op prys gestel!
Derdens wil ek dankie sê vir Danie Grundling vir die reëlings om die kerk te kon besoek asook die lekker braai op sy plaas. Voorwaar, as ek dink dis my familie wat so optree, is ek trots om een van die nasate van Oupa Daantjie en Ouma Magriet te wees en om ook te kan sê, ek is familie van sulke wonderlike gasvrye mense! Jou kos was uitstekend, jou venue was puik, en die geselskap was uitgesoek! Dankie Danie en Susan en Dys en sy vroutjie en Ina en haar man. Julle is uithaler mense!
Ek is nog nie klaar nie, daar's nog dankies om te sê! Aan Pietie Le Roux vir die mooie boodskappie in die Kerk! Pietie jou boodskappie het my ver laat terug dink! Ja, dis nie net bloed wat mens familie maak nie, Jesus se volgelinge maak van ons almal broers en susters en so moet ons ook optree as broers en susters van mekaar, want ons is almal kinders in sy groot familie! Ek was eenkeer tydens my weermag dae op 'n kamp om jong tieners te help om rigting in hul lewe te kry en groot was die verrassing toe hulle een aand die pragtige lied sing uit dankbaarheid dat hulle die kamp kon bywoon en leer en bevoorreg was om daarin te kon deel! 'I lift up my hands, lift up my hands to Jesus!' Daar in die kerk wou ek ook sing 'I lift up my hands, lift up my hands to Jesus!' Dis net Hy wat sulke momente in 'n mens se lewe kan bring en hoe bevoorreg was ons een en almal nie?  Baie dankie vir die boodskap, dit het versterk en weer moed en insig gegee vir die toekoms wat vorentoe wag om ander broers en susters te kan ontmoed en te kan ondersteun!
Dan aan almal wat teenwoordig was, my familie, my neefs, my niggies en hulle kinders wat daar was. Was dit nie vir julle teenwoordigheid nie, was daar nie 'n reunie nie! Dankie dat julle die tyd kon vind en die onkostes aangegaan het om dit een van die beste dae in my saai en vaal lewe te kon maak! Ek wil saamstem met Billy Nel, dit was voorwaar een van die hoogtepunte in my lewe, om te kon verkeer saam met familie in sulke wonderlike omstandighede! Wel gedaan!
Dankie Pietie vir die blog wat jy beskikbaar gestel het vir ons om op te kan fotos plaas en gedagtes ruil!
Ek dank een en almal
Julle Neefgoed, Neef Johann Mulder!
FREE Animations for your email - by IncrediMail! Click Here!

Wednesday, April 27, 2011

MEMO

Gegroet uit Pretoria



Hier is 'n paar wenke / opmerkings  ivm die gebruik van die webblad:
  • Onderaan elke "post" is daar 'n skakel ('n klein wit koevert-ikon) waar jy die email-adres van 'n vriend/familielid kan intik. Daar word dan outomaties 'n email aan daardie persoon gestuur om hom/haar uit te nooi om daardie spesifieke post te besoek. Die ontvanger hoef dan tipies net op 'n "link" in sy email te kliek om dit oop te maak;
  • Stuur gerus jou foto's na hierdie email-adres: prouxx.lategan@blogger.com. Plaas asseblief 'n opskrif en jou naam in die "subject"-veld;
  • Jy hoef natuurlik nie net foto's te stuur nie. Miskien wil jy 'n stukkie skryf oor jou belewenis van die geleentheid. Stuur dus net 'n gewone teks-email na dieselfde adres as vir die foto's;
  • As jy foto's uit julle familie-foto-albums met ons wil deel, her-fotografeer dit soos dit op die albumbladsy is, en stuur dit aan. Die meeste digitale kameras kan tot 5cm fokus, en veral as mens dit in direkte sonlig doen, is die resultaat gewoonlik goed genoeg vir ons doeleindes. En dit hoef nie net albumfoto's te wees nie - wat van geraamde portrette ens (versigtig net vir die weerkaatsings van die glas);
  • Statistiek: volgens Google was daar die afgelope week 350 besoeke aan hierdie webblad - selfs 8 uit Amerika, 9 uit Verenigde Koninkryk en 2 uit Malaysia (het nie geweet daar is Lategans in Malaysia nie!);
  • Name, inligting, opskrifte, onderskrifte ens, is normaalweg "Google searchable" (handig vir familie-navorsing);
  • Indien 'n familie-lid nie toegang tot internet het nie: skryf die webadres                            (www.lategan-fees.blogspot.com) op 'n kaartjie af sodat hulle dit op enige plek waar daar wél toegang is, kan intik.
Goeie wense
Pietie Le Roux
Middelbergstraat 220, Muckleneuk, Pretoria
☎ 012 344 0294  083 271 6593
_______________________________________________________
Foto-blog: Fotodagboek/Travel-log: www.prouxle.blogspot.com
❂ Foto-blog: Monochroom: www.promono.blogspot.com
❂ Foto-blog: Abstraction: www.abstraksie.blogspot.com
_______________________________________________________
 

Monday, April 25, 2011

Emailing: Lateganfamilie-saamtrek (Foto's deur Jan Volschenk)

Uitdeelstukke: program, foto's ens. (voorberei deur Burgert, Danie G, Retha T, Marliena). Kliek op foto om groter te vertoon.

Binneblad van die program
Gelamineerde tafelmatjies by elke sitplek
Voorblad van die program
Burgert Daniel en Magrieta Lategan as jonggetroudes met Matty en Sannie
Verkoopskontrak van Buffelboschrivier - 28 April 1919

Uit ons foto-album (Willem en Mimie)

Willem, Mimie, Marliena, Pietie (Tokai)
 Willem, Magdel, Mimie, Willem jnr, Louistjie, Magteld, Louis (Paarl)
Willem by Benecke-huis (Kandelaarsrivier?)
Kleinkinders by oupa Danie se begrafnis (iemand help met name asb - kontak Pietie)

Willem en Jan Volschenk by Kleinbrak (Maart 2008)
Danie, Willem en Marliena by Schoemanshoek NG Kerk (Maart 2008)
Aandete by Danie en Rina Lategan, Schoemanshoek (Maart 2008)
Middagete by Danie en Susan Grundling - Maart 2008 (Sandkoppies/Grundheim)
Willem en Pietie kuier by Burtie-hulle op Estoril (ongeveer 2000?)
Drie Burgert Daniel afstammelinge
Pa Willem se 90ste verjaarsdag (Mediator, Strand): Pietie, Johan, Danie, Burgert, Danie
Oom Burger en tannie Lizzie Lategan en gesin kuier by ons in die Kaap
Gerrit de Beer en Marliena trou (Vlnr Oupa Pietie, Mimie, Willem, die bruidspaar, tannie Machteld, oom Louis, oom Burger en tannie Lizzie. Voor: Burgert, Retha, Johan, Louise, Pietie