Thursday, December 15, 2011

Danie en Rita Lategan (Pretoria)


Danie (van oom Kallie) en Rita Lategan

Danie & Rita Lategan met hul kinders (Liesl en Carl) en kleinkinders
(Burgert Lategan, Daniel Reid, Ella Todd)
CS Lategan (Carl - 1/8/1969) en sy seun BD (Burgert) Lategan
(Kaapstad)
Kallie en Baby Lategan by Danie en Rita se troue (18/1/1964). Rita se
ma, Bettie de Villiers, staan heel regs
Carl (links) en Lieschen (tweede van regs) by Danie en Rita se
troue op Kimberley. Andre Scholtz (later bekende filmmaker) staan regs


Rita de Villiers (links) en haar suster (Koffiefontein)
Burgert Daniel Lategan (Danie) in 1941 (Volkskool Graaff-Reinet)


Liesl Reid-Todd (geb Lategan, 7/3/1967) met Daniel en Ella
(Willow Acres, Pretoria)
______________________________________________________________
Donderdag 15 Desember 2011

Ek het vandag by Danie (van oom Kallie) en Rita Lategan in Pretoria
gaan kuier. Ons ontdek toe dat ons as eie neefs al 'n paar dekades
saam in Pretoria woon - en dit die eers geweet het nie! Ek het 'n foto
van hulle geneem wat ek hierby plaas. Daar is ook ander foto's wat ek
sommer oorafgeneem het uit hulle trou-album ens.

Watter lekker kuier was dit nie!

Hulle kon ongelukkig nie nie die Lategan-byeenkoms in Oudtshoorn
bywoon nie, maar het darem al die foto's op die webblad gesien. Callie
en Lieschen was egter daar en dit was alles deel van die
groot lekkerte van daardie Saterdag. Jannie kon vanweë
gesondheidsredes ook nie daar wees nie. Hy woon in Johannesburg.

Ek het die volgende inligting bymekaar gekry:

  • Carl Stephanus Lategan (14/11/1908), oorlede 10 November 1975
  • Johanna (Baby) gebore Steynberg (25/11/1908), oorlede 13 April 1984

Hulle kinders:

  • Burgert Daniel (25/03/1934 - Danie), tans in Pretoria, een seun, een dogter
  • Jan Petrus (14/08/1936 - Jannie), tans in Johannesburg, een seun, twee dogters
  • Carl Stephanus (7/9/1941 - Callie), tans in Oos-London, een seun, twee dogters
  • Frederika Elizabeth (29/9/1948 - Lieschen), tans in Bloemfontein, twee seuns, drie dogters.


CARL (KALLIE) STEPHANUS LATEGAN (14/11/1908):

  • Boer saam met oupa Danie en broers op Brakfontein, Aberdeen
  • Trou in 1933 met Johanna Steynberg
  • Verskuif in 1948 na Bethulie - boer langs Oranjerivier
  • In 1949 na Graaff-Reinet. Besit Midland Motors, Ford agentskap
  • In 1951 na die plaas Letskraal (Petoorskloof) naby Graaff-Reinet
  • In 1958 na Nieu-Betesda. Garage en boer
  • In 1961 na Middelburg waar hy by die Koöperasie gewerk het
  • Oorlede in 1975
  • Tannie Baby oorlede in 1984


BURGERT DANIEL (DANIE) LATEGAN (25/3/1934):

  • 1952: Matriek by Hoër Volkskool Graaff-Reinet (blink uit in sport)
  • Grootfontein Landboukollege (1953-1954)
  • Boer in Graaff-Reinet en Middelburg
  • 1958: na Koffiefontein as bestuurder van oud-minister SP le Roux se boerdery
  • Trou in 1964 met Rita de Villiers van Koffiefontein
  • Boer tot 1970, maar raak sedert 1964 betrokke by die versekeringsbedryf
  • 1972: Versekeringsmakelaar by Barclay in Upington
  • 1974: Versekeringsmakelaar (Ou Mutual), Krugersdorp
  • 1981: Versekering. Bestuurder van Noord-Transvaal streek
  • 1983: Versekering. Bestuurder - Pretoria
  • 1997: Tree af - bly egter aan in Pretoria (Meyerspark)


Groete
Pietie le Roux
_____________________________________________________________

Monday, October 24, 2011

Familiefoto's (Jan en Delina Volschenk)

Frikkie se graf (seun van oom Stoffel en tannie Esmé van der Westhuizen) - Hartswater
Oom Fanie en tannie Lena Mulder se graf - Hartswater
Frans Bergh se pa se graf op Hartswater
Frans en Isabel Bergh se seuntjie wat net 6 dae na geboorte geleef het - Hartswater
Goeie dag Pietie,
Hiermee 'n paar foto's van die familiegrafte. Jy sal opmerk dat die grafte van isabel se skoonouers, die Berghs en haar seuntjie s'n, is ingesluit. Oom Stoffel hulle is op Oudtshoorn begrawe en ek sal DV hul grafte gaan opspoor saam met Delina se Ouma Grace s'n, as ons eers weer daarrond is.
Delina se ma-hulle het in 'n woonstel in Hartswater gebly toe haar pa oorlede is. Hierna het haar ma teruggetrek Oudtshoorn toe. Eers gebly in Gottland-huis waar sy met CAP  Smith getroud is. Nadat hy enkele jare na hul troue oorlede is, het sy in Bellingenhof aftreeoord gebly voordat sy terug is Vaalharts toe en in 'n Oue tehuis in Jan Kempdorp tot haar dood gaan bly het.
Ons het maar min te boek gestelde inligting oor Tannie Esmé hulle. Delina onthou dat sy tannie Esmé se blomme met hul troue op Aberdeen vasgehou het. Oom Stoffel-hulle het na die troue met Delina hulle saam teruggery Volmoed/Oudtshoorn toe. Dit was glo in die winter (Juliemaand?) en dit het so kwaai gereën en gesneeu dat die pad oor de Rust gesluit was en hulle met moeite via die Langkloof moes ry.
Delina het Frikkie goed leer ken toe hy op Hartswater op Hoërskool was en sy in 1963 by Isabel-hulle gebly terwyl sy op Magogong skool gehou het. Sover ons kan onthou het hy aan die einde van sy matriekjaar by die sameloop van die Vaal en die Oranjeriviere naby Douglas verdrink. As ek reg onthou het hy kort van tevore by die Departement van Justisie begin werk.
Wanneer hulle Oudtshoorn toe getrek het, kan ons nie onthou nie, maar ons het hulle gereeld daar in vd Rietstraat besoek. Toe Delina later in Gottlandhuis gewoon het, het sy ook gereeld die ent na hulle gestap om te gaan kuier.
Jammer dat ons nie meer inligting het nie; dalk onthou die Oudtshoornfamilie meer!!
Groete
Jan

Friday, June 3, 2011

Uit die foto-albums van Dan en Nellie Lategan en gesin

Oupa Danie Lategan met Burgert en Abie (Abel). Mimie sit voor by hulle. Abel Daniel is gebore op 18 April 1932 en is oorlede op 28Sept 1938.
Gielie en Retha Gilliomee en gesin by Kaap Agulhas
Maryna, oorlede Willie Lategan se vrou
Rona, Willie en Maryna se dogter
Danie Lategan, Willie se seun (Willie is dood nadat 'n verkeerde slang-antiserum in Kaap Muiden aan hom toegedien is).
 
Lategan Familiewapen met onderskrif
Gilliomee-gesin met Guilaume se doop.
Ronel,(sittend) het by die diplomtieke diens gewerk en is nou betrokke by Bernina (het 2 seuns: Mark en Guilaume).
Bettie is die redaktrise van ons plaaslike koerant. Sy het twee dogers, Danielle en Nicola.
Mannetjie,(Mattheus) is ons jongste kind, hy is kaptein vir SA Express. Hy en Marisan het een dogter, Leane


Sunday, May 29, 2011

Foto's deur Burtie Lategan aangestuur

Pietie sommer 'n paar fotos van my.
Groete Burtie.

Wednesday, May 25, 2011

Oorlede Pieter van der Merwe, enigste kind van Tannie Matty (oudste van die 10 Lategan-kinders) en oom Ben van der Merwe

Pieter van der Merwe en Gerrit de Beer by tannie Mimie le Roux se begrafnis (1996)
Oom Willem, Burgert en Pieter (1996)

Foto's aangestuur deur Retha Gilliomee, dogter van oom Dan en tannie Nellie Lategan.

Karin (,jongste dogter van Susan) en Patrick Savage op hul troudag. Faan (oorlede) en Susan staan links.
Die Savage-familie
Petro (oorlede), Susan se oudste dogter, en Karin
Karin en Pa Faan
Karin by haar ouers
(Susan-hulle het 3 kinders: Petro (oorlede), Gert en Karin)
Petro, oudste dogter van Susan (oorlede)
BETTIE GILIOMEE, RETHA SE JONGSTE DOGTER (MATRIEK-FOTO)
Bettie
Bettie
Burgert Daniel Lategan (Retha se broer - oorlede) met sy oudste kind
Cecile, Danie Lategan (oorlede) se oudste dogter
Daniel (Danie) Hendrik Lategan (oorlede)
DANIELLE EN NICOLA,  BETTIE SE TWEE DOGTERS
Retha Gilliomee se ID-foto (2010)
Hannalie, Burgert Lategan se oudste kind
Mannetjie (Retha se seun) op sy gradedag
Gielie Gilliomee en Retha se troudag. Tannie Nellie en oom Dan Lategan
Oom Dan Lategan met al sy kleinkinders
Susan Swart, oudste dogter van Daniel Hendrik Lategan
Willie Lategan, jongste kind van oom Dan en tannie Nellie (oorlede)
Mannetjie Gilliomee, vlieënier by SA Express