Danie (van oom Kallie) en Rita Lategan |
Danie & Rita Lategan met hul kinders (Liesl en Carl) en kleinkinders (Burgert Lategan, Daniel Reid, Ella Todd) |
CS Lategan (Carl - 1/8/1969) en sy seun BD (Burgert) Lategan (Kaapstad) |
Kallie en Baby Lategan by Danie en Rita se troue (18/1/1964). Rita se ma, Bettie de Villiers, staan heel regs |
Carl (links) en Lieschen (tweede van regs) by Danie en Rita se troue op Kimberley. Andre Scholtz (later bekende filmmaker) staan regs |
Rita de Villiers (links) en haar suster (Koffiefontein) |
Burgert Daniel Lategan (Danie) in 1941 (Volkskool Graaff-Reinet) |
Liesl Reid-Todd (geb Lategan, 7/3/1967) met Daniel en Ella (Willow Acres, Pretoria) ______________________________________________________________ |
Ek het vandag by Danie (van oom Kallie) en Rita Lategan in Pretoria
gaan kuier. Ons ontdek toe dat ons as eie neefs al 'n paar dekades
saam in Pretoria woon - en dit die eers geweet het nie! Ek het 'n foto
van hulle geneem wat ek hierby plaas. Daar is ook ander foto's wat ek
sommer oorafgeneem het uit hulle trou-album ens.
Watter lekker kuier was dit nie!
Hulle kon ongelukkig nie nie die Lategan-byeenkoms in Oudtshoorn
bywoon nie, maar het darem al die foto's op die webblad gesien. Callie
en Lieschen was egter daar en dit was alles deel van die
groot lekkerte van daardie Saterdag. Jannie kon vanweë
gesondheidsredes ook nie daar wees nie. Hy woon in Johannesburg.
Ek het die volgende inligting bymekaar gekry:
- Carl Stephanus Lategan (14/11/1908), oorlede 10 November 1975
- Johanna (Baby) gebore Steynberg (25/11/1908), oorlede 13 April 1984
Hulle kinders:
- Burgert Daniel (25/03/1934 - Danie), tans in Pretoria, een seun, een dogter
- Jan Petrus (14/08/1936 - Jannie), tans in Johannesburg, een seun, twee dogters
- Carl Stephanus (7/9/1941 - Callie), tans in Oos-London, een seun, twee dogters
- Frederika Elizabeth (29/9/1948 - Lieschen), tans in Bloemfontein, twee seuns, drie dogters.
CARL (KALLIE) STEPHANUS LATEGAN (14/11/1908):
- Boer saam met oupa Danie en broers op Brakfontein, Aberdeen
- Trou in 1933 met Johanna Steynberg
- Verskuif in 1948 na Bethulie - boer langs Oranjerivier
- In 1949 na Graaff-Reinet. Besit Midland Motors, Ford agentskap
- In 1951 na die plaas Letskraal (Petoorskloof) naby Graaff-Reinet
- In 1958 na Nieu-Betesda. Garage en boer
- In 1961 na Middelburg waar hy by die Koöperasie gewerk het
- Oorlede in 1975
- Tannie Baby oorlede in 1984
BURGERT DANIEL (DANIE) LATEGAN (25/3/1934):
- 1952: Matriek by Hoër Volkskool Graaff-Reinet (blink uit in sport)
- Grootfontein Landboukollege (1953-1954)
- Boer in Graaff-Reinet en Middelburg
- 1958: na Koffiefontein as bestuurder van oud-minister SP le Roux se boerdery
- Trou in 1964 met Rita de Villiers van Koffiefontein
- Boer tot 1970, maar raak sedert 1964 betrokke by die versekeringsbedryf
- 1972: Versekeringsmakelaar by Barclay in Upington
- 1974: Versekeringsmakelaar (Ou Mutual), Krugersdorp
- 1981: Versekering. Bestuurder van Noord-Transvaal streek
- 1983: Versekering. Bestuurder - Pretoria
- 1997: Tree af - bly egter aan in Pretoria (Meyerspark)
Groete
Pietie le Roux
_____________________________________________________________