Wednesday, April 25, 2018

Uit Johann Mulder se foto-album (seun van Fanie en Lena Mulder, geb Lategan)

Beste Piet,

Na aanleiding van jou versoek om al die ou fotos in my besit aan te stuur, vir jou vir plasing op jou Blog, kan ek die volgende vir jou aanstuur. Ek hoop ander families doen dieselfde, sodat almal kan deel in mekaar se doen en late! Ek sal op 'n latere geleentheid nog foto's vir jou stuur van my en Riana se troue.

Groete, 
Neef tot Neef,
Johann.


 Dit is Frederik Swerus Mulder ( My Oupa Grootjie) Geb. 11 Maart 1860-oorlede 8 Junie 1916, en sy vrou, Magdalena Cornelia (nee Rheeder) Geb. 10 September 1861-oorlede 26 Junie 1930 en hul kind J.J. Mulder (Johannes Jacobus, My Oupa Hans Geb. 28 Jan 1879-oorlede 14 Okt 1946.) Hy, Oupa Hans was getroud met Isabella Elizabeth (nee Schoeman) Gebore 3 Sept 1886-Oorlede 30 Nov. 1933.
My Oupa (Danie) BD Lategan,Geb. 25 Aug 1875-oorlede 7 Okt 1959 en my Ouma Magdalena MMJ Lategan (nee Beneke)Geb. 11 Des 1878-oorlede 12 Julie 1942. Hulle het 10 kinders gehad nl. Matty, Sannie, Dan, Burgert, Carlie, Louis, Lena, Esme, Anna en Mimie. Hy het geboer op die plaas Brakfontein dist Aberdeen.
Ouma Magdalena Lategan (geb Beneke)
Nig Marliena Le Roux se troue.
Vlnr agter: Oupa Pietie le Roux ( Boere-orkes) Mimie en Willem Le Roux, Marliena, Gerrit de Beer, Tannie Magdel en oom Louis Lategan, Oom Burger en Tannie Lizzie Lategan.
Voor: Burgert le Roux, Nig Retha Lategan, Johann Mulder, Louise Holzapfel, en Pietie le Roux 



My ouers (Fanie en Lena Mulder - geb. Lategan) se troue. Tannie Anna, Ma se suster staan heel regs. Troudag 14 Okt 1935. Pa is Geb. 29 Mei 1912-oorlede 18 Mei 1982.
Ma is gebore 13 Okt 1912-Oorlede 13 Augustus 1999.




My Pa was 'n Springbok Jukskei speler. Bo is hy saam met die SWD jukskeispan ( middel agter)en onder saam met die SWD veterane jukskeispan.
Hy het drie keer Springbok kleure verwerf. Boonste foto vlnr: 'n Ungerer, Fanie Mulder, 'n Mnr Stopforth en die vierde een was Bossie Boshoff.
Onderste foto vlnr: Agter Mnr Swart, Inlas ken ek nie, dan Hekkie Lourens, voor Fanie Mulder en Jacob Strijdom. Sy Springbok baadjie is nou in my besit.



The many faces of Johann Mulder (Joe)



Dear Buddy and Friends,

Many a time I will end my letter with a photograph of a little boy sitting on a chair. I had some questions about this boy I'm including in my letters. Now for those who didn't recognize the dude, it's me when I was young, very young! Now there is a history concerning this photo. I've been at boarding school in the town of Oudtshoorn and attended the Primary school of Van Rheede. I had a Grandma living in Oudtshoorn, but she wasn't my real blood Grandma. She was the second wife of my Oupa Hans. His first wife died years back and he remarried a Scottish English speaking woman that was a nurse in town. She was Grace Hops and she lived there with her one sister and a brother that was a surveyor that had retired at that stage. So my real Ouma I never knew, I only knew this English speaking Ouma. In 1961 our country changed from a Union of the British Commonwealth to an independent Republic. Our currency also had to change from pounds shillings and pence to the new South African currency Rand and cents. After this change over of the currency, Pounds were still acceptable as a currency for a year or so. The old folk hardly used banks and they had a trunk in their homes where they kept some money. I guess they had big amounts in banks as fixed deposits, but the daily money was kept in boxes and trunks under the beds. 

My Ouma's home was close to the school I attend and many a time I walked there to visit, before going back to the boarding school. One day my Ouma told me she still had a pound note in her possession and want to have it spent before it was no longer legal tender. She wants me to have it, but I must have a photograph taken of me that I can give to my parents as a present and she also wants a copy. Across the street from her home was a photo studio that was owned by another Scottish dude, a Mister Gibson. She organized everything with him,  I must just go there for the picture and pay him the one pound for the photos. So, one day I came around, got the money from her and walked over the street for the photograph to be taken. He was a huge man with a belly that entered a room before he himself walked through. He made me sit, got his camera ready and took the photo. Now in those days, films had to be developed and then go through a couple of chemicals before the picture appeared. Then when it was dry enough it was stuck to a backboard and only then you could have it. So, I couldn't get it that same day, I had to come back another day to fetch it. That was 1961, I was in standard 3, there were no grades at that stage in school, but it would have been grade 5 in nowadays terms. I was 9 years old at that stage. I can still remember this whole episode to the finest detail, my Ouma, her sister Aunt Aggie and brother Uncle Herbert and Mister Arthur Gibson with his huge belly! 

Many years ago when we were still on the move from this place to that place this old picture came out of a box. I grabbed it and treasured it and took a digital photo of it, so I can have it on my computer. I still have the original photo in some drawer in the house. Funny how certain things can stick in your mind. I love the photo and treasure it! So when you see the photo at the ending of a letter, remember there is a story behind it. My Ouma wanted to have her money's worth so it won't be rejected because a new currency was at the order of the day. It was a huge old dude that took the photo and in the end, it was a present for my parents. This photo costs only One Pound and if you must relay it to today's exchange rate it would have been R 17.00!

Love to Y'all,
Ole' Joe.

(Johann se brief aan vriende in die VSA waar hy vir 'n geruime tyd gewerk het)

Met my dogter en haar aanstaande se gradeplegtigheid. Sy het die maatskaplike graad met Honeurs
gekry en Jaco sy Chemiese Ingenieurs graad.




Baie lank gelede was ons twee op 'n
 "Fancy Dress" partytjie en die tema was die Gatsby era!

Willem le Roux, Riana en Johann Mulder

Ek en Riana in Amerika toe sy vir my kom kuier het! Kersfees van 2001!

Daars 'n wyn genaamd Four cousins! Wel, hier is 'n foto van five Cousins!
Agter: Johann Mulder, Burgert le Roux
Voor: Pietie le Roux, Danie Lategan, Danie Grundling

Die Foto noem ek "When the going gets tough, the tough get going"
Jurgens in Amerika toe hy met sy bakkie van die pad gegly het in die sneeu!

As mens na die verskillende uitbeeldings in die wapen kyk sal mens seker kan sê die Byekorf verteenwoordig die fluksheid van die Mulders, hulle was soos bye altyd werksaam. Die stêr verteenwoordig seker dat hulle almal dromers was met stêrre in hul oë, en die kanon weerspieël seker die kort-van-draadgeid van die lot Mulders! Hulle het maklik oorlog gemaak! Dis hoe ek dit interpreteer, miskien beteken dit iets heeltemal anders!

Johann Mulder
7 Vrede Circle,
STRAND 7140,
Western Cape Province,
Rep of South Africa.
Telephone +27(0)21-8547441
Cell +27(0)833102020
Johann en Riana Mulder op hulle troudag
Bietjie ander inligting:
Troudag was 18 Desember 1976 om 5 nm 
in die NG Kerk Stellenbosch.
Ds. was Riana se broer Dr. Jurgens Hendriks.




Die twee ouerpare



Wednesday, April 4, 2018

Toekie Nel (dogter van Ockert en Sannie Grundling, geb Lategan), 1931-2018



Die Foto van Toekie is met haar 87 ste verjaardag geneem die 11de Maart 2018.
Sy is oorlede die 17 de Maart 2018. Sy is op Jansenville begrawe (ingestuur deur Johann Mulder)




Twee niggies, links is Marlene Rossouw en regs is Toekie Nel.
Ingestuur deur Johann Mulder





Vlnr: Danie Grundling (neef) Koos Grundling (neef) Billy Nel, Toekie Nel (Niggie) dan die strooimeisie heel regs is my suster Isabel.
Die foto moes baie jare gelede geneem gewees het, want Isabel het verlede maand 81 geword.
(Ingestuur deur Johann Mulder)​

Ingestuur deur Elana Grundling

Ingestuur deur Elana Grundling

Agterkant van begrafnisbrief (ingestuur deur Elana Grundling)

Louis Lategan 1972-2018





Dankie aan Johann Mulder wat hierdie verslag aangestuur het. Ek plaas sy email hier onder.

(Louis is in 'n motorongeluk oorlede)

Vertroosting toegebid ...
Van julle uitgebreide familie


​Beste Piet,

Jammer, dis 'n dag na die begrafnis, maar ek kon nie vroeër by alles uitkom nie. Die begrafnis was in die Kango Vallei NG kerk te Schoemans hoek gehou om 11vm op Maandag 2 April 2018. Die kerk was tot barstens volgepak van mense en dit was 'n baie treurige gebeurtenis. Louis het aan 'n fietryklub behoort en die klub lede het uit Oudtshoorn gery met hul fietse en die diens bygewoon in hul fietsrydrag. Die kerk was so vol dat hulle die los stoele van die konsistorie moes in die gange pak vir ekstra sitplek. Daar is 'n huldeblyk gelewer deur een van sy naaste maats van die fietsryklub. Hulle was so driemanskap wat boesem vriende was en alles saam gedoen het en al die ritte saam gery het. Die dominee het voorgegaan en Ps 23 was sy teksgedeelte. Hy het 'n baie mooi, kragtige en vertroostende boodskap aan die familie gelewer. Daar was nie 'n ter aarde bestelling nie, hy word veras. Almal was genooi vir 'n koppie tee of koffie by sy Gastehuis Thorntree. Ek wil ook noem die hele gastehuis se personeel was ook in die kerk en het saam in 'n blok gesit. Piet ek sluit so paar fotos in vir jou kennisname. Hoop dis in orde so! Familie teenwoordig by die begrafnis was as volg: Johann Mulder, Koos Grundlingh, Danie Grundlingh, Marlene Rossouw en haar man, haar dogter Madel van Grootbrak rivier, Fransie en Duppie Fourie, Adri se twee oudste seuns van Jansenville. Dit is sover dit die familie betref.

Fransie en Duppi Fourie, Adri en Attie Fourie se oudste kinders van Jansenville


Piet en Marlene Rossouw van Caledon.


Louis se twee boesem vriende, Brandon en Hugo.


Rida, Louis se suster


Ou Danie gesels met 'n vriend. Hy was maar gebroke. Rina is links voor





Groete Piet,
Skrou maar as daar nog iets is!
Johann.



______________________________________

Danie Lategan skryf soos volg (21 Mei 2021):

GROETE VANAF DIE KANGO-VALLEI

Ek stuur vir jou die inligting soos jy versoek het (twee begrafnis briewe onder n aparte skrywe). Vir die doel waarvoor jy dit benodig, heg ek ook die volgende inligting aan :

·        Louis Lategan. 

Getroud met Tanja de Jager,

Twee kinders is uit hierdie huwelik gebore nl. Talana (2 Jan. 2002) en Louis Daniel (3 Maart 2005). Tans woonagtig in George.

Louis het n siviele ingeneursgraad behaal met struktuur as sy studie rigting. In hierdie hoedanigheid was hy in Spanje vir drie jaar in die grasdakbedryf. Toe hy en Tanja terugkeer na Suid Afrika, het ons n Jeug Herberg en n Gastehuis ontwikkel. Louis het twee kilometer vanaf die ingang van die besigheid, in n motorongeluk gesterf (29/3/2018)

Louis was n mens-mens en n groot deel van die onderneming se sukses het ek altyd toegeskryf aan hierdie eienskap. Ook in die gemeenskap het hy n besonderre plek gevul. Vir sy roudiens in Schoemanshoek se kerk, moes ons mense wegwys omdat daar nie meer plek of stoele beskikbaar was nie. Die fietsryklub waarvan hy lid was, het as n groep met hul fietse vanaf Oudtshoorn gery om die roudiens by te woon.

Louis het n groot vakuum gelaat wat Rina en myself, nooit ooit kan vul.