Berig op BEELD se voorblad op 30 April 2015 |
Foto's geneem tydens die Lateganfees op Saterdag16 April 2011 (Oudtshoorn).
Sien www.lategan-fees.blogspot.com
Robert en sy pa Gert |
Robert by die historiese familiehuis op Lategansvlei |
Voor oupa Danie Lategan se huis (Lategansvlei). Robert sit voor regs |
_________________________________________________________________________________
Ek het hierdie boodskap van Johann Mulder vanoggend (29/04/2015) om 08:40 ontvang.
Johann sal laat weet as hy meer inligting het
________________________________
Liewe vriende en Familie,
Ek laat weet die tragiese nuus vir julle per epos dat almal maar net daarvan ingelig is. Robert Terblanche, een van Nig Retha se tweeling seuns is gister oorlede in 'n Chrusher ongeluk in die staat Montana in die VSA. Hy het daar gewerk soos so baie van ons jong manne daar werk en soos ek ook daar vir twee jaar werksaam was. Ek het geen detail wat gebeur het nie, Elbet, Retha se dogter het my net laat weet van die tragiese nuus. Ek kan glad nie Retha of Gert in die hande kry nie, toe dink ek dit goed om julle op die wyse te laat weet. Ons gebede en simpatie gaan saam met Retha en Gert!
Julle Neef
Johann Mulder.
|
| ||
Johann voeg om 11:54 die volgende by:
So
twee weke gelede het ek en Elbet gesels. Ek en sy gesels gereeld, ons
is ou Face book vriende, en so verneem ek die nuus van die familie hier
en in Europa deur haar. Sy vra my toe na een van my gedigte, toe ek in
Amerika was en dit geskryf het, en ek stuur dit aan haar. Sy vra toe of
sy dit aan van haar vriende en broer (Robert) kan aanstuur. Ek sê
natuurlik ja, jy is welkom! Min het ek geweet dat die gedig Robert so
sou inspireer en dat hy dit so geniet het om die gedig weer aan van sy
vriende te stuur. Volgens Elbet het hy haar laat weet dat dit vir hom
baie beteken het en dat sy vriende glo erg gekoer het oor dit! Vandag
het ek die treurige nuus verneem van sy tragiese dood.
Hoe
sou ons ooit kon raai dat hy 'n verlange gehad het om na sy Vaderhuis
te gaan? Nou is hy by sy Vader en geniet hy die nabyheid en troos van
Jesus self. Dit laat mens dink nè? Ek plaas die gedig, nie omrede ek
dink dis goed nie, ek plaas dit bloot om te illustreer dat ons almal 'n
heimwee het om na ons Vader se huis te gaan!
Die aanloop tot "AFRIKA HEIMWEE"
Verlange
is 'n vreeslike ding. Dit vreet jou stuk vir stuk op, veral as jy ook
nog so ver is en jy nie vinnig gou na jou huis toe of na jou geliefdes
kan gaan nie. So het ek gevoel teen November 2002 daar in Iowa. Ja, ek
was tuis tussen baie wonderlike vriende en kennisse, maar glo my daar is
maar net een plek wat huis is. Die spreekwoord sê mos; Waar jou huis
is, dis waar jou hart is! Nou so het dit gekom dat ek op 'n bedremmelde
koue nat toegesneeude aand my totaal oorgegee het aan die heimwee wat in
my hart was. Afrika was my huis gewees en Afrika Heimwee is 'n
versugting van seker baie Suid Afrikaners wat hulle in die buiteland
bevind. As mens dit nie meer kan hou nie is daar net een raad, kom huis
toe! Huis toe kom genees jou van al daardie onttrekkings simptome en jy
word weer mens. Dit laat my dan nou ook dink aan ons geestelike huis. As
die ou lewe te veel en vermoeiend geraak het en mens kan dit net nie
meer uithou nie, is daar net een tuiste en dis aan die voete by Jesus.
Hoekom wag, vra Hom om jou te omarm soos wat 'n warm kombers jou omvou
in die koue winter en kom huis toe na waar jy eintlik hoort!
AFRIKA HEIMWEE
Iewers hier binne my, in die donker plooie van my siel,
Is daar ’n verlange wat hunker na ’n plek ver van my!
'n Plek ver van hier, onder sterre so mooi,
waar die daeraad die aarde in ’n vlamrooi skynsel tooi!
Waar kameeldoringbome en gras die landskap verfraai,
Ja, daar waar die polsende ritme van Afrika draal!
Wat is dan mooier as 'n dag wat oor die landskap breek?
En verklik waar die dou sy lêplek in die grasse wegsteek!
Waar die wild rustig wei, pronk en baljaar,
Dis die plek waarna my siel so ontsettend verlang!
Die stilte, die oopte, die sorgloosheid van aldaar,
Dis Afrika se skoonheid op sy beste, voorwaar!
Dit bring die heimwee en herinneringe terug na my siel,
Hier in die vreemde waar ek my nou bevind!
Net môre sal ek 'n terugkeer-plan moet bedink,
en my heimwee vleuels gee soos ’n visarend op jag!
Eers laag oor die waters, dan weer hoog in die lug!
Dan sal ek weet waarna my siel so oneindig na smag!
Ek sal terugkeer na waar ek weer vryelik asem kan haal!
Om te beleef die geboorte van ’n nuwe Afrika dag!
'n Dagbreek so rooi, soos kole wat gloei,
En die donker verteer soos die dag aangroei!
En as God dan sy lig oor my donker siel laat spoel,
Ja, dan sal ek eers besef... Ek het uiteindelik tuis gekom !
Joe. ©
R I V, Robert Terblanche, jy het tuis gekom!