Wednesday, April 29, 2015

Fwd: Robert Terblanche

Vriende en Familie,
Ek het sopas (Saterdag 2/5/2015) die foto van Elbet gekry wat Robert aan haar gestuur het kort voor sy dood. Hy het vertel hy moes 'n trekker na 'n ander plaas neem toe hy skielik brand geruik het. Hy het gestop en ondersoek begin instel en binne sekondes het die brand uitgebreek en die trekker het in ligte laaie opgegaan. Hy kon niks doen om dit te red nie, maar het met sy baadjie die gras doodgeslaan dat die veld nie afbrand nie.
Groete
Johann.



Berig op BEELD se voorblad op 30 April 2015


Foto's geneem tydens die Lateganfees op Saterdag16 April 2011 (Oudtshoorn).
Sien www.lategan-fees.blogspot.com

Robert en sy pa Gert




Robert by die historiese familiehuis op Lategansvlei
Voor oupa Danie Lategan se huis (Lategansvlei). Robert sit voor regs


_________________________________________________________________________________




Ek het hierdie boodskap van Johann Mulder vanoggend (29/04/2015) om 08:40 ontvang.
Johann sal laat weet as hy meer inligting het
________________________________


Liewe vriende en Familie,
Ek laat weet die tragiese nuus vir julle per epos dat almal maar net daarvan ingelig is. Robert Terblanche, een van Nig Retha se tweeling seuns is gister oorlede in 'n Chrusher ongeluk in die staat Montana in die VSA. Hy het daar gewerk soos so baie van ons jong manne daar werk en soos ek ook daar vir twee jaar werksaam was. Ek het geen detail wat gebeur het nie, Elbet, Retha se dogter het my net laat weet van die tragiese nuus. Ek kan glad nie Retha of Gert in die hande kry nie, toe dink ek dit goed om julle op die wyse te laat weet. Ons gebede en simpatie gaan saam met Retha en Gert!
Julle Neef
Johann Mulder.

Sien onder:




Johann voeg om 11:54 die volgende by:
So twee weke gelede het ek en Elbet gesels. Ek en sy gesels gereeld, ons is ou Face book vriende, en so verneem ek die nuus van die familie hier en in Europa deur haar. Sy vra my toe na een van my gedigte, toe ek in Amerika was en dit geskryf het, en ek stuur dit aan haar. Sy vra toe of sy dit aan van haar vriende en broer (Robert) kan aanstuur. Ek sê natuurlik ja, jy is welkom! Min het ek geweet dat die gedig Robert so sou inspireer en dat hy dit so geniet het om die gedig weer aan van sy vriende te stuur. Volgens Elbet het hy haar laat weet dat dit vir hom baie beteken het en dat sy vriende glo erg gekoer het oor dit! Vandag het ek die treurige nuus verneem van sy tragiese dood.

Hoe sou ons ooit kon raai dat hy 'n verlange gehad het om na sy Vaderhuis te gaan?  Nou is hy by sy Vader en geniet hy die nabyheid en troos van Jesus self. Dit laat mens dink nè? Ek plaas die gedig, nie omrede ek dink dis goed nie, ek plaas dit bloot om te illustreer dat ons almal 'n heimwee het om na ons Vader se huis te gaan!

 
Die aanloop tot "AFRIKA HEIMWEE"
Verlange is 'n vreeslike ding. Dit vreet jou stuk vir stuk op, veral as jy ook nog so ver is en jy nie vinnig gou na jou huis toe of na jou geliefdes kan gaan nie. So het ek gevoel teen November 2002 daar in Iowa. Ja, ek was tuis tussen baie wonderlike vriende en kennisse, maar glo my daar is maar net een plek wat huis is. Die spreekwoord sê mos; Waar jou huis is, dis waar jou hart is! Nou so het dit gekom dat ek op 'n bedremmelde koue nat toegesneeude aand my totaal oorgegee het aan die heimwee wat in my hart was. Afrika was my huis gewees en Afrika Heimwee is 'n versugting  van seker baie Suid Afrikaners wat hulle in die buiteland bevind. As mens dit nie meer kan hou nie is daar net een raad, kom huis toe! Huis toe kom genees jou van al daardie onttrekkings simptome en jy word weer mens. Dit laat my dan nou ook dink aan ons geestelike huis. As die ou lewe te veel en vermoeiend geraak het en mens kan dit net nie meer uithou nie, is daar net een tuiste en dis aan die voete by Jesus. Hoekom wag, vra Hom om jou te omarm soos wat 'n warm kombers jou omvou in die koue winter en kom huis toe na waar jy eintlik hoort!
AFRIKA HEIMWEE

Iewers hier binne my, in die donker plooie van my siel,
Is daar ’n verlange wat hunker na ’n plek ver van my!
'n Plek ver van hier, onder sterre so mooi,
waar die daeraad die aarde in ’n vlamrooi skynsel tooi!
Waar kameeldoringbome en gras die landskap verfraai,
Ja, daar waar die polsende ritme van Afrika draal!

Wat is dan mooier as 'n dag wat oor die landskap breek?
En verklik waar die dou sy lêplek in die grasse wegsteek!
Waar die wild rustig wei, pronk en baljaar,
Dis die plek waarna my siel so ontsettend verlang!
Die stilte, die oopte, die sorgloosheid van aldaar,
Dis Afrika se skoonheid op sy beste, voorwaar!

Dit bring die heimwee en herinneringe terug na my siel,
Hier in die vreemde waar ek my nou bevind!
Net môre sal ek 'n terugkeer-plan moet bedink,
en my heimwee vleuels gee soos ’n visarend op jag!
Eers laag oor die waters, dan weer hoog in die lug!
Dan sal ek weet waarna my siel so oneindig na smag!

Ek sal terugkeer na waar ek weer vryelik asem kan haal!
Om te beleef die geboorte van ’n nuwe Afrika dag!
'n Dagbreek so rooi, soos kole wat gloei,
En die donker verteer soos die dag aangroei!
En as God dan sy lig oor my donker siel laat spoel,
Ja, dan sal ek eers besef... Ek het uiteindelik tuis gekom !
Joe. ©

R I V, Robert Terblanche, jy het tuis gekom!



Saturday, April 11, 2015

Fwd: Lategan Fees (ingestuur deur Carl Lategan)



Kliek op foto vir groter weergawe





---------- Forwarded message ----------
From: Lategan, Carl <Carl.Lategan@sappi.com>
Date: 2 April 2015 at 23:28
Subject: Lategan Fees
To: "prouxx@gmail.com" <prouxx@gmail.com>


Hi Pietie
I am the son of Late Jannie Lategan. Grandson of Ouma Babie and Oupa Carl. I am very impressed and thankful for the site you have put together and am interested to find out if you have a form of a family tree. I would love to look at it and also would like to add to it.

It will also be great to be able to meet for a cup of coffee and get to know each other better. I could unfortunately not attend the reunion as my mom passed away a few days before the time.

Attached are two photos the one is of a family reunion we had in about 2002 I think.
The other is of Carl, Jannnie my dad, Danie and Lieschen


Looking forward to hearing from you

Carl Lategan

Carl Lategan
Infrastructure Solution Delivery Manager
Sappi Southern Africa Limited | P.O Box 31560 | 2017
Johannesburg | South Africa
Tel +27 11 407 8102 | Mobile +27 82 876 7640
Carl.Lategan@sappi.com

Please recycle all printed documents. www.sappi.com


This e-mail is subject to the Sappi e-mail legal notice available at www.sappi.com
If you cannot access this notice please contact the webmaster for a copy to be sent to you.


Wednesday, April 1, 2015

Willem Gabriel Le Roux kry graad by Tukkies



3545 besoeke aan die Lategan-webblad


Totale aantal besoeke aan die Lategan-webblad tot op datum: 3545
Sien interessante statistiek hieronder:

Pageviews by Countries

Graph of most popular countries among blog viewers
EntryPageviews
South Africa
2047
United States
485
Germany
309
Russia
118
United Kingdom
78
Netherlands
61
France
48
Australia
47
Poland
32
Ukraine
30

Pageviews by Browsers

EntryPageviews
Internet Explorer
1296 (36%)
Chrome
930 (26%)
Firefox
926 (26%)
Safari
143 (4%)
BingPreview
89 (2%)
Mobile Safari
52 (1%)
Opera
46 (1%)
OS;FBSV
8 (<1%)
Diglo
7 (<1%)
Mobile
6 (<1%)
Image displaying most popular browsers

Pageviews by Operating Systems

EntryPageviews
Windows
3006 (85%)
Linux
192 (5%)
Macintosh
109 (3%)
iPad
60 (1%)
Android
57 (1%)
BlackBerry
35 (<1%)
Other Unix
24 (<1%)
iPhone
19 (<1%)
Nokia
10 (<1%)
SonyEricsson
5 (<1%)
Image displaying most popular platforms