Frikkie se graf (seun van oom Stoffel en tannie Esmé van der Westhuizen) - Hartswater |
Oom Fanie en tannie Lena Mulder se graf - Hartswater |
Frans Bergh se pa se graf op Hartswater |
Frans en Isabel Bergh se seuntjie wat net 6 dae na geboorte geleef het - Hartswater |
Goeie dag Pietie,
Hiermee 'n paar foto's van die familiegrafte. Jy sal opmerk dat die grafte van isabel se skoonouers, die Berghs en haar seuntjie s'n, is ingesluit. Oom Stoffel hulle is op Oudtshoorn begrawe en ek sal DV hul grafte gaan opspoor saam met Delina se Ouma Grace s'n, as ons eers weer daarrond is.
Delina se ma-hulle het in 'n woonstel in Hartswater gebly toe haar pa oorlede is. Hierna het haar ma teruggetrek Oudtshoorn toe. Eers gebly in Gottland-huis waar sy met CAP Smith getroud is. Nadat hy enkele jare na hul troue oorlede is, het sy in Bellingenhof aftreeoord gebly voordat sy terug is Vaalharts toe en in 'n Oue tehuis in Jan Kempdorp tot haar dood gaan bly het.
Ons het maar min te boek gestelde inligting oor Tannie Esmé hulle. Delina onthou dat sy tannie Esmé se blomme met hul troue op Aberdeen vasgehou het. Oom Stoffel-hulle het na die troue met Delina hulle saam teruggery Volmoed/Oudtshoorn toe. Dit was glo in die winter (Juliemaand?) en dit het so kwaai gereën en gesneeu dat die pad oor de Rust gesluit was en hulle met moeite via die Langkloof moes ry.
Delina het Frikkie goed leer ken toe hy op Hartswater op Hoërskool was en sy in 1963 by Isabel-hulle gebly terwyl sy op Magogong skool gehou het. Sover ons kan onthou het hy aan die einde van sy matriekjaar by die sameloop van die Vaal en die Oranjeriviere naby Douglas verdrink. As ek reg onthou het hy kort van tevore by die Departement van Justisie begin werk.
Wanneer hulle Oudtshoorn toe getrek het, kan ons nie onthou nie, maar ons het hulle gereeld daar in vd Rietstraat besoek. Toe Delina later in Gottlandhuis gewoon het, het sy ook gereeld die ent na hulle gestap om te gaan kuier.
Jammer dat ons nie meer inligting het nie; dalk onthou die Oudtshoornfamilie meer!!
Groete
Jan